top of page

RECIPES

Get Ready to Dazzle

Roast Beef

Paul se Wildsboud

Paul het van sy kennis oor RSG gedeel. Hy het ons bederf met 'n moet probeer resep oor hoe om 'n wildsboud voor te berei en gaar te maak.

Bestanddele:

1 Springbok- of Rooibokboud, ontbeen
1 pakkie repiespek
handvol varkspek, in blokkies gesny
sout en peper
braaivleisspeserye
500 ml rooibostee
500 ml karringmelk
skaapnetvet
1 pakkie bruinuiesoppoeier (opsioneel)

​

Metode:

Maak gaatjies regoor mekaar aan albei kante van die boud, en trek die repiespek daardeur.
Maak gaatjies in boud.
Rol die blokkies varkspek in sout, peper en braaivleisspeserye.
Druk dit in die gaatjies.
Bind die boud vas met 'n lang dun tou.
Meng die tee en karringmelk, en voeg dit oor die boud.
Laat vir 48 uur lank marineer.
Bak die boud onbedek in die oond teen160 grade vir 5 ure.
Sny dit in skywe.
Maak 'n sous met die soppoeier en bedek die vleis daarmee.
Bak vir 'n verdere 30 minute.

bottom of page